‘Die Naam van die Here is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.’
- Ons het die wonderlike voorreg om na God te kan hardloop.
- Sy Naam en Sy teenwoordigheid is jou reddende genade.
- Jy het die geseënde hoop dat Hy jou sterk toring is.
- Jou lewe kan op die fondament van Sy kragtige Naam gebou word.
Gebed: Vader, dank U dat U my veilige plek is. Ek kan my bekommernisse en sorge na U toe bring en ek kan weet dat ek ‘n geseënde hoop asook die belofte van U onfeilbare liefde en sorg in U het. Ek roep U Naam vandag aan en ek hardloop na die veiligheid van U arms. Amen.